MunicipalNews

Frustrasies hoog oor waterlek

Waterlek na jaar stèèds ’n kopseer vir die ontstoke inwoners van Queenswood.

Dis nou ’n jaar later en die aanhoudende waterlek veroorsaak nog steeds ’n kopseer vir Carterlaan-inwoners.

Dit kom nadat dié straat se inwoners in Queenswood menigte male die Tshwane-metro rakende die lek gekontak het.

Volgens Kobus Viljoen is derduisende liters water al vermors omdat die metro geen poging aanwend om dit te herstel nie.

Selby Bokaba, woordvoerder van die metro, het gesê dat daar drie vorige klagtes was waarvan die laaste een in 2003 aangemeld is.

“Die water en sanitasie departement het die perseel op 15 Januarie besoek. Volgens die ondersoek is die oorsprong van die waterlek by die dienspyp wat na die watermeter by die eiendom lei. ’n Voorman is opdrag gegee om die waterpyp so gou as moontlik te herstel,” het hy gesê.

Viljoen het gesê dat byna twee weke later was die lek nog steeds daar.

Bokaba het gesê die lekkende waterpyp is in 2003 vervang en dat hulle nie die pype kan diens om die pype se lewensduur te verleng nie.

“Alle waterklagtes word op ’n lys geplaas en loodgieters kry instruksies om die waterlekke te prioritiseer volgens die erns daarvan. Die waterlekke wat ’n gevaar vir inwoners inhou, word eerste herstel terwyl die minder ernstige waterlekke vir ’n paar dae kan oorstaan,” het Bokaba gesê.

Liz Sistenich, nog ’n inwoner, het gesê dat sy ook verskeie kere die metro oor die probleem gekontak het, maar dat die klagtes op dowe ore val.

“Daar word aanhoudend vir ons gesê dat ons water moet bespaar terwyl die metro toelaat dat derduisende liters water die pad vir langer as ’n jaar afstroom,” het sy gesê.

Hy het gesê alle watervoorsieningsklagtes kan by hul dienssentrum aangemeld word.

Navrae: Tshwane-dienssentrum by 012-358-9999.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button