Kragprobleme in noorde amper opgelos
Areas in die noorde van Pretoria wat van Woensdag sonder krag gelaat is, sal volgens die munisipaliteit tot Saterdag sonder krag wees.

Verskeie areas in die noorde van Pretoria wat van Woensdag af sonder krag gelaat is, sal na vervagting vandag (Vrydag) weer met krag voorsien word.
Die Pumulani-substasie in Kameeldrift wat Woensdag in ‘n brand erg beskadig is, het groot dele van die noorde in donkerte gelaat.
Volgens die Tshwane-metro is Kameeldrift, Zeekoegat, Derdepoort, Doornpoort, Montana, Kolonnade en omliggende gebiede steeds sonder krag.
Die munisipaliteit het gesê hulle is hard besig om die kragstasie te herstel. Hulle het bygevoeg inwoners kan verwag dat alles teen Saterdag weer vlot sal loop — afhangede van die weer.
Raadslid Arnold van Niekerk het gesê Montana se krag behoort Vrydagmiddag teen 14:00 herstel te wees.
Hy het bygevoeg dat inwoners wat ingelig wil wees oor die vordering van die herstelwerk, ‘n sms met hulle besonderhede op vir hom moet stuur sodat hy dit op sy databasis kan voeg. Hy sal deur middel van boodskappe die gemeenskap sal inlig.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en dit word nog ondersoek. Bel Arnold van Niekerk by 082 770 4247.
