MunicipalNews

Verlate gebou dien as wegkruip area vir verdagtes

Verlate munisipale gebou in Rietfontein word glo as wegkruip-area deur kriminele gebruik.

By ‘n ou verlate munisipale gebou in ’n park in Rietfontein is ’n hoop klere en moontlik gesteelde goedere gevind.

Volgens Clinton Sutler, lid van die BMWcid-buurtwag, is die gebou in 22ste Laan, tussen Hertzog en Louis Trigardtstrate, moontlik ‘n skuilplek vir kriminele.

Gesteelde goedere is daar ontdek en “die vermoede is dat verdagtes daar van klere verander as hulle vir die polisie vlug. Die plat gebou staan al vir jare leeg. Die gemeenskap baat niks daarby nie. Dis beter om die gebou te sloop om gevaar uit te skakel,” het Sutler gesê.

Raadslid Elmarie Linde, het die gebou in Oktober 2013 besoek voordat die deure en dak oopgedwing is.

“Ek het die Tshwane-metrowerkers goedkeuring gegee om hul toerusting daar te stoor, maar hulle het nooit van die aanbod gebruik gemaak nie. Dit is kommerwekkend dat daar nou ’n vrag klere en gesteelde goedere in die gebou gestoor word,” het Linde gesê.

Sy vermoed besoekers aan die parkie het die toiletgeriewe vroeër benut. Linde het die metro versoek om òf die gebou te herstel, òf te sloop.

“Ek verkies dat die gebou eerder gesloop word omdat die instandhouding ’n groter kopseer gaan veroorsaak.”

Die metro het teen druktyd geen terugvoer rakende die toekoms van die gebou aan Rekord verskaf nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button