Local newsMunicipalNews

Kragprobleme na substasiebrand herstel

Areas in die noorde van Pretoria wat vanaf Woensdag sonder krag gelaat is, is volgens die munisipaliteit weer voorsien van krag.

Inwoners in die noorde van Pretoria is verlig nadat areas se foutiewe kragtoevoer na vyf dae weer herstel is.

Volgens die munisipaliteit is die krag in die noorde van Pretoria, wat vanaf verlede Woensdag af is weens ‘n brand by die Pumulani-substasie, weer aan.

Die probleme met kragtoevoer is Sondagmiddag volgens die Tshwane-metro ten volle herstel.

Die munisipaliteit het gesê sommige areas in die noorde, insluitend Pretoria-Noord en Wonderboom, het wel nog kragprobleme Sondagoggend ervaar, maar dit was weens die swaar reënval.

Areas wat vanaf Woensdag sonder krag was is Kameeldrift, Zeekoegat, Derdepoort, Doornpoort, Montana, Kolonnade en omliggende gebiede.

Weens die kragprobleme het die verkeersligte in en om Sefako Makgathorylaan nie gewerk nie het dit en chaos veroorsaak. Puntsmanne is aangestel om dié verkeer te reguleer.

Die oorsaak van die brand by die substasie is nog nie bekend nie en dit word nog ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button