Eerste span wen weer
Hoërskool Tuine klop HTS Tuine in jaarlikse derby.
Die jaarlikse derby in die weste van Pretoria tussen die Hoërskool Tuine (Tuine) en die Hoër Tegniese Skool Tuine (HTS Tuine) is vanjaar op oortuigende wyse deur Tuine op hul tuisveld met 31-0 gewen.
Tuine se voorspelers het die oorhand gehad en genoeg hardloopkans aan hul agterlyn gegee. Hulle verdediging was ook uitstekend. Tuine het vyf drieë is gedruk, deur Juvan Stimie (een), Emile le Roux (een) en Chrismar Ras (drie). Ras is die agsteman en het puik gespeel.
Die halftydtelling was 18-0 in Tuine s guns.
Die wedstryd tussen die twee spanne is baie gewild en lok jaarliks ‘n groot skare.
Al die wedstryde tussen die twee skole is in ‘n goeie gees gespeel en het pragtige rugby opgelewer.
Die vorige week het Tuine ‘n suksesvolle rugbydag tuis teen Hoërskool Gerrit Maritz aangebied.
