Eldo’s spog met twee bokke
Twee Hoërskool Eldoraigne rugbyspelers gekies vir Springbok-span.
Een van Hoërskool Eldoraigne se senior rugbyspelers, Sarel Marco Smith, is gekies vir die 0/18-Cravenweekspan en onlangs ook vir die SA skolespan. Een van ons oud-Eldo’s, Stephan Lewies, wat pas gekies is vir die Springbokspan, het hom spesiaal gaan gelukwens by die skool .
Sarel Marco is reeds op ‘n vroeë stadium as talentvolle speler geïdentifiseer en hy het as 0/16-speler deel uitgemaak van die Blou Bulle se Elite oefengroep. Hy het ook vir die Blou Bulle se 0/16C span gespeel.
Stephan Lewies as eerstespanspeler op skool uitgeblink as kaptein en speler. Sy talente is deur die Sharks tydens die King Edward Skool die Vyfde se Paastoernooi raakgesien en is hy daar en dan ‘n kontrak aangebied wat hy met albei hande aangegryp het.
Van Hoërskool Eldoraigne se oudleerlinge speel in verskeie provinsiale rugbyspanne , o.a. Robbie Coetzee (Leeus), Stephan Lewies (Sharks- en Spingbokspeler) , John Wessel Bell (Pumas) en Willem Odendaal (Valke).
Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.
