MunicipalNews

Riool loop oor vir ‘n week

Inwoners van East Lynne sukkel al vir 'n week met hul huis se dreine wat oorloop van riool.

Die stank van riool het ‘n East Lynne-egpaar moedeloos omdat al die afleivore vir meer as ‘n week oorloop.

Sid (71) en Sally (70) Beideman het verlede week Dinsdag gemerk dat Tshwane-metro in twee strate naby hul huis aan pype werk. Dieselfde dag het hul dreine begin oorloop en het die stank hulle byna rasend gemaak. Na meer as ‘n week het die stadsraad steeds geen poging aangewend om die fout te herstel nie.

“Die ergste van alles is dat hulle hierdie probleem veroorsaak het en nou word daar niks aan gedoen nie,” het Sid gesê.

Volgens Sally is hul huis op die punt van twee verskillende rioolpype en omdat enige blokkasies in pype verder op in die area gewoonlik net daar skoongemaak word, stoot die blokkasies op tot by hulle, waar dit dan ‘n groot probleem veroorsaak.

“Ons kan niks doen nie. Ons stort elkeen vir ‘n minuut of twee, dan is die stort onder water en wanneer ek skottelgoed was, doen ek dit in bakke, waarvan ek die water dan op die grasperk uitgooi. Ons neem ons klere droogskoonmakers toe. Ons is pensioenarisse en woon al sowat 40 jaar in die huis. Hierdie verstopde dreine is ‘n gesondheidsrisiko, nie net vir ons nie, maar ook vir ons honde,” het Sally gesê.

Tshwane-metro het nog nie kommentaar gelewer nie.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button