Dit lyk of ‘n gevaarlike gat in President Steynstraat in Pretoria-Noord net een te veel is vir die Tshwane-metro.
Inwoner Cathy Vorster sê dis in Januarie deur metro-werkers gegrawe wat sedertdien etlike mislukte pogings aangewend het om die opening op te vul.
“Hulle het al probeer om sand in die gat te gooi, maar dit help net mooi niks. Met elke reenbui spoel die sand net weer uit en die gevaarlike gat is terug.”
Raadslid Dana Wannenburg van die Demokratiese Alliansie sê die gat het onstaan toe die Tshwane-metro ‘n waterlek in die straat herstel het.
“Die metro gooi soms nie groot pype wat bars of lek onmiddellik toe nie, omdat hul eers wag om seker te maak dat die fout herstel is.”
Wannenburg sê werkers het sowat ‘n week aan ‘n ander pyp digby die huidige gat gewerk en verwag dat die opening spoedig opgevul sal word.
“Hulle wag gewoonlik sowat ‘n week.”
Klagtes oor slaggate of ander gate kan gestuur word aan pothole@tshwane.gov.za
Kommentaar kon nie van die Tshwane-metro verkry word nie.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.
