MunicipalNewsUpdate

Pyp bars na brandweer vuur blus

Tshwane metro het vinnig reageer op 'n gebarste pyp in Queenswood.

Die vinnige optrede deur Tshwane metro het Dinsdag verseker dat ‘n waterpyp in Queenswood wat Maandagaand begin lek het, reeds teen Dinsdagmiddag herstel is.

Volgens Alan Sales (78) het die pyp gebars nadat die brandweer ‘n brandkraan toegedraai het wat gebruik is om ‘n brand in die woonbuurt te blus.

“Nadat die brandweer die brand geblus het, is die kraan toegedraai en dit het veroorsaak dat die pyp gebars het,” het Sales gesê. Water het die hele aand in Steadlaan afgeloop, maar Tshwane het Dinsdagmiddag vroeg die pyp kom herstel.”

Die brandweer het Maandagaand die brandkraan gebruik om ‘n brandende huis op die hoek van Steadlaan en Pierneefstraat te blus. Volgens Johan Pieterse, woordvoerder van Tshwane-nooddienste, is die brand vinnig geblus, maar is die oorsaak van die brand nog onbekend.

Niemand is tydens die brand beseer nie en die omliggende huise was ook sonder skade.

Tshwane metro woordvoerder Lindela Mashigo sê die metro is dankbaar dat mense hul harde werk waardeer. “Ons is bereid om hard te werk en ons aanvaar opbouende kritiek wanneer ons verkeerd is, maar ons is ook baie dankbaar wanneer ons waardering ontvang vir goeie dade.”

Lees: Huis in Queenswood brand af

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button