Prontuit praat met Rekord oor waterprobleme
KykNET se program Prontuit gesels Woensdag met Rekord oor Pretoria se voortdurende waterprobleme.
Pretoria se waterprobleme gaan Woensdagaand op KykNET bespreek word — met regstreekse insette van Rekord.
Die kanaal se program Prontuit gaan kyk na die frustrasie van die stad se inwoners wat nou al ses maande lank sukkel met water.
Die kanaal sal Elaine Strauss, ‘n joernalis van Rekord, Woensdagaand telefonies nader om namens Rekord oor die probleem te praat.
Die koerant het sedert Januarie ‘n rits berigte gepubliseer oor gebarste pype, voortdurende lekkasies en stukkende watermeters wat inwoners teen die mure uitdryf.
Maar dit lyk of die hoofbrekens van Elarduspark in die ooste tot Derdepoort in die noorde nog lank nie verby is nie.
Kyk Woensdagaand om 21:30 na KykNET om hierdie gesprek nie mis te loop nie.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
