Local newsMunicipalNews

Inwoner die herrie in oor opgegraafde plaveisel

Vyf maande nadat die Tshwane metro ’n gebreekte waterpyp voor ’n erf in Montana Park herstel het, is die plaveisel nogsteeds nie herstel nie.

 

 

‘n Montanapark-inwoner is warm onder die kraag na die plaveisel van haar oprit deur die Tshwane-metro in Desember opgegrawe is om ‘n gebarste waterpyp te herstel net so gelaat het.

Volgens Charmaine van der Walt is die plaveisel van haar eiendom in Besembiesiestraat sedert Desember opgegrawe.

“Die probleem het ontstaan nadat ‘n waterpyp gebars het. Na byna sewe dae het die metro die gebarste pyp herstel, maar die plaveisel net so omgedolwe gelaat. Na verskeie oproepe en e-posse het die metro belowe om iemand in Januarie te stuur om dit te herstel en ek wag nou nog,” het ‘n gefrustreerde Van der Walt gesê.

Van der Walt het gesê sy probeer haar huis verkoop, maar geen kopers wil die huis hê met opgegraafde plaveisel voor die oprit nie.

Sy versoek die metro om die plaveisel so spoedig as moontlik te herstel om enige verdere ongerief te vermy.

Die metro het op verskeie navrae wat aan hulle gerig is nie gereageer nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button