CrimeNews

Penne-man dood aangetref

Die hawelose man, bekend as die penne-pan, is Vrydagoggend in Trouwstraat deur sy vrou dood aangetref. Geen misdaad word vermoed nie.

Die welbekende penne-man van Capital Park is Vrydagoggend dood aangetref.

Raadslid Elma Nel sê die hawelose man, William Howgh, wat welbekend was in die Capital Park-gebied vir sy penverkope, is glo aan natuurlike oorsake dood.

“Ek was saam met sy vrou vanoggend nadat sy hom dood aangetref het. Daar word geen misdaad vermoed nie,” sê Nel.

Sy sê Howgh was ’n buite-pasiënt by die Steve Biko akademiese hospitaal en was op chroniese medikasie wat onlangs gesteel is.

Voglens Nel het Howgh homself en sy vrou met sy penverkope aan die lewe gehou.

“Ek is baie bekommerd oor Cathy (Howgh se vrou) wat alleen op straat is. Ek moedig enigiemand aan om my direk te kontak as hulle haar kan help,” sê Nel.

Die Wonderboompoort-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek-saak geopen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button