EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Bespreek nou jou kaartjies vir die Lente Makiti van die jaar

Skuur skouer saam met jou gunsteling sepie sterre of geniet optredes deur bekende kunstenaars soos Willem Botha, Ampie en Monique.

Augustus is so te sê op ‘n einde en dit beteken die lente is amper hier.

Vier die nuwe seisoen by die Lente Makiti wat op 11 en 12 September by Laerskool Wierdapark aangebied word.
Kos, kuns, en musiek vir die hele gesin. Skuur skouer saam met jou gunsteling sepie sterre of geniet optredes deur bekende kunstenaars soos Willem Botha, Ampie en Monique.

Die Lente Makiti skop Vrydag 11 September af met ‘n “een-vrou” vertoning deur die bekende Lizz Meiring.

Saterdag 12 September duur die fees voort met sowat 145 stalletjies en as deel van die bedrywighede kan feesgangers ook aan een van die land se grootste potjiekos kompetisies deelneem.

Rugby geesdriftiges kan ook uitsien na ‘n lewendige rugby uitsending op die groot skerm wat voorafgegaan sal word deur ‘n kaas en wyn funksie. Toegangs beloop R50 vir albei dae en kinders onder die ouderdom van 3 jaar kan die fees gratis bywoon. Vir enige verdere navrae, besoek gerus: www.lentemakiti.co.za.

Hier is van die bekendes wat by die fees te sien sal wees:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button