EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Wen kaartjies na die Lente Makiti

As deel van die makietie kan Pretorianers aan een van die grootste potjiekoskompetisies in die land deelneem of hulle verkyk aan die sowat 145 stalletjies wat alles van kos tot kunsuitstallings sal verteenwoordig.

Kry jou vriende en gesin bymekaar en bespreek nou jou kaartjies vir die Lente Makiti wat op 11 en 12 September by Laerskool Wierdapark plaasvind.

Feesgangers kan uitsien na optredes deur bekende Afrikaanse sangers soos Ampie, Pieter Koen, Monique en Willem Botha en aanhangers sal by ‘n spesiale “koskraal” met hul gunsteling sepiesterre kan bladskud.

As deel van die makietie kan Pretorianers aan een van die grootste potjiekoskompetisies in die land deelneem of hulle verkyk aan die sowat 145 stalletjies wat alles van kos tot kunsuitstallings sal verteenwoordig. Toegangs beloop R50 per persoon en kinders onder die ouderdom van drie jaar kan die fees gratis bywoon. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Vir meer besonderhede of navrae, besoek www.lentemakiti.co.za.

WEN!
Gelukkige Rekord lesers kan elk dubbel kaartjies na die Lente Makiti op 11 en 12 September by Laerskool Wierdapark wen. Antwoord net die volgende vraag: By watter skool in Pretoria word die fees aangebeid?

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button