Local newsNews

Tegnologie kan nie leerprobleme oplos nie

Tegnologie kan nie leerprobleme oplos nie, waarsku Edublox.

Namate tegnologie ’n toenemende element van ons daaglikse lewens word, sal opvoedkundige spesialiste oorweging skenk oor hoe om dit die beste by skole te inkorporeer. Tegnologie kan egter nie leerprobleme oplos nie, waarsku Edublox.

Susan du Plessis, direkteur van opvoedkundige programme by Edublox, sê daar is geen twyfel dat tegnologie ’n waardevolle hulpmiddel is wanneer dit by leer kom nie, en dat dit baie opvoedkundige voordele bied. Sy sê egter dat onderwysers en ouers versigtig moet wees en tegnologie as ’n leerhulpmiddel op die regte tyd en plek en ook volgens ’n kind se behoeftes en vermoëns aan hom/haar moet bekendstel.

Sakrekenaars, wat vir baie jare al as die mees basiese tegnologie in die klaskamer beskou word, word nie ingesluit in graad 1 of graad 2 se skryfbehoeftelyste nie. Du Plessis sê die rede daarvoor is dat kinders eers ’n fundamentele begrip van nommers, tel, optel en aftrek, nodig het voordat tegnologie as ’n ‘kortpad’ gebruik kan word. Du Plessis sê voorts dat ouers en onderwysers daarop behoort te let dat tegnologie nie onderrigbystand vir kinders met leerprobleme kan vervang nie.

Rekenaarprogramme wat ontwerp is om oogbewegings te verbeter word nou oor ’n wye spektrum as ’n intervensie-hulpmiddel vir leesprobleme gebruik. Hoewel oogbewegings belangrik is by lees, waarsku Lizelle Loock,’n oogkundige van, Paarl dat die verbetering van oogbewegings nie ’n leesprobleem sal oplos nie. Woordeskat, letterklanke en kennis van spelreëls moet eers vasgelê word voordat lees kan verbeter. “Slegs nadat hierdie elemente onder beheer is, kan ons rekenaarleesprogramme bekendstel om leesspoed te verbeter,” sê Loock.

Du Plessis voeg by dat kognitiewe vaardighede soos gefokusde aandag, visuele en ouditiewe prosessering, geheue en logiese denke ook ontwikkel moet word voordat doeltreffende lees kan plaasvind.

Rekenaargegronde leesassesserings kan vir ouers ’n vals gevoel van gerusstelling aangaande hul kind se leesvaardighede gee, sê Du Plessis, wat opgelet het dat aandag en geheue negatief deur tegnologie beïnvloed word. Sy sê dat hedendaagse kinders oor minder geheuevaardighede beskik en dat tegnologie ’n rol hierin speel. Die gemak waarmee inligting deesdae opgespoor kan word maak dit vir kinders belangriker om te weet waar om te kyk as om iets eintlik te memoriseer.

Studies het bevind dat dit voordeliger vir langtermyngeheue en begrip is om uit ’n boek te lees as om van ’n skerm af te lees. Dele van die brein word ontwikkel deur handskrif te oefen, iets wat ‘touch-screen’ tegnologie nie kan bied nie. Daar is waarde daarin om met die hand te skryf, sê Du Plessis. Dit help ons om ons breine aan die gang te kry en idees te genereer, meer as wat tik op ’n skerm doen en dit help met konseptuele begrip.

’n Tien-miljoen dollar-studie wat 15 rekenaargegronde lees- en wiskunde-programme, 9 424 skoliere en 439 onderwysers by 132 skole in die Verenigde State ingesluit het, het geen verskil in akademiese prestasie gevind tussen studente wat tegnologie in hul klaskamers gebruik het, en kinders wat ander metodes gebruik het nie.

Tegnologie in klaskamers NEW

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button