EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Vier die lente saam met Ben Kruger, Willem Botha en Monique

Daar kan ook skouer geskuur word met sepiesterre soos Ben Kruger (Binnelanders), Hannelie Warren (Binnelanders), Je-anie Swiegelaar (Binnelanders), Werner Coetser (7 de Laan), Bertha le Roux (7 de Laan) en Hildegardt Whites (7 de Laan).

Skryf nou in en staan die kans om dubbel kaartjies na die komende naweek se Lente Makiti by Laerskool Wierdapark te wen.

Dié fees bied vermaak vir die hele gesin en aanhangers kan uitsien na optredes deur die bekende Afrikaanse sangers soos Ampie, Pieter Koen, Monique en Willem Botha. Daar kan ook skouer geskuur word met sepiesterre soos Ben Kruger (Binnelanders), Hannelie Warren (Binnelanders), Je-anie Swiegelaar (Binnelanders), Werner Coetser (7 de Laan), Bertha le Roux (7 de Laan) en Hildegardt Whites (7 de Laan).

As deel van die makietie kan Pretorianers aan een van die grootste potjiekoskompetisies in die land deelneem of hulle verkyk aan die sowat 145 stalletjies wat alles van kos tot kunsuitstallings sal verteenwoordig. Toegang beloop R50 per persoon en kinders onder die ouderdom van drie jaar kan die fees gratis bywoon. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Vir meer besonderhede of navrae, besoek www.lentemakiti.co.za.

WEN!
Gelukkige Rekord lesers kan elk dubbel kaartjies na die Lente Makiti op 11 en 12 September by Laerskool Wierdapark wen. Antwoord net die volgende vraag: By watter skool in Pretoria word die fees aangebeid?

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button