EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Kompetisie vir pappa Arno

'n Bekende Pretoria sanger se kleinding het die afgelope naweek, tydens 'n optrede op die verhoog geklim en behoorlik die kollig gesteel.

Die gewilde Afrikaanse sanger, Arno Jordaan, het kompetisie en dit in die vorm van sy eie seuntjie, Milan (21 maande).

Die Pretorianer se kleinding het die afgelope naweek, tydens ‘n optrede by die Montana Family Market, op die verhoog geklim en behoorlik die kollig gesteel.

IMG-20150915-WA0003

Arno se bestuurder (en Milan se ouma), Vera Jordaan, vertel dat Milan ‘n regte klein “performertjie” is. “Hy is veral mal oor sy pa se liedjie Richterskaal en beweeg sy lyfie al van kleintyd nes sy pa,” het sy gesê.

Dit was juis nadat Arno dié liedjie, spesiaal vir Milan, gesing het en vir ‘n blaaskans van die verhoog af is, dat Milan sy kans waargeneem het.

“Een van die aanhangers het selfs vir hom R10 gegee wat hy ewe nonchanlant in sy sak gesteek het,” vertel Vera, wat haarself nou sommer ook as Milan se bestuurder voorstel. “Hy is ook mos nou ‘n betaalde sanger,” lag sy.

Ook pappa Arno is ewe trots. “Milan het omtrent die show gesteel!,” het die bekende sanger kort na die optrede op sy Facebook-blad gesê.

https://instagram.com/p/7mgva5obyh/?taken-by=lizaniejordaan

Kyk hier na Arno se jongste video vir As Jy Hier is:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button