EntertainmentLifestyleLocal newsNews

‘n Nuwe Afrikaanse animasiefilm

Die nuwe Afrikaanse animasiefilm, Die Sneeukoningin, begin binnekort in teaters draai.

Die Afrikaanse rolprentbedryf gaan van krag tot krag en Afrikaanse fliekvlooie kan nou weer uitsien na ‘n splinternuwe film, dié keer ‘n animasiefilm Die Sneeukoningin.

Dié fliek is gegrond op die eeu-oue feeverhaal deur Hans Christian Anderson, wat ook die inspirasie was vir die onlangse Disney-treffer Frozen.

Die Sneeukongin is in Rusland deur Wizart Animation vervaardig en is oorspronklik in Russies opgeneem. Die film is toe vertaal en oorgeklank en sal binnekort in Afrikaans in fliekteaters te sien wees.

Rekord het met een van die film se sterre, Antowan Nöthling, wat die rol van Vegard vertolk, gesels oor die nuwe fliek en die toekoms van Afrikaanse animasiefilms.

Nöthling is vroeër vanjaar uitgenooi om deel te wees van die projek, en het binne ‘n dag sy dialoog by ’n studio in Johannesburg opgeneem.

“Ek het die oorpronklike Russiese weergawe gekyk en vergelyk met die Afrikaanse een. Ek moet eerlik wees, ek verkies die Afrikaanse een,” sê Nöthling met ’n groot glimlag.

Nöthling, wat jare lank as aanbieder by Jacaranda FM gewerk het, sê dit was ’n groot eer om saam met legendes van die Afrikaanse filmbedryf soos André Stolz en Rina Nienaber te werk. Stolz vertolk die rol van die hoof van die kinderhuis en Nienaber die winkeltante. Hy is ook die Afrikaanse stemregisseur.

Nöthlingy sê hy hoop dat al hoe meer animasiefilms in Afrikaans vertaal sal word en dat kinders hul gunsteling-stories in ’n eg Suid-Afrikaanse taal kan beleef.Hy hoop dat sy jong seun eendag die fliek sal kyk en die werk geniet wat hy gedoen het.

“Vir my is hierdie soos my nalatenskap werk. Ek hoop my seun en al die kinders wat die fliek gaan kyk dit baie geniet.”

Die Sneeukoningin begin in teaters draai op 30 Oktober 2015.

Kyk hier na die lokprent:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button