CrimeLocal newsNews

Moot-vroue met baba in motor aangeval

Velia Steenenkamp en Zelda Brits met Brits se 14-maande-oue baba is Vrydagaand in die Moot aangeval.

Twee Moot-vroue is Vrydagaand aangeval toe twee rowers hulle voertuig wou kaap. Die kapingspoging was op die hoek van Fratesweg en Micheal Brinkstraat.

Velia Steenenkamp (47), Zelda Brits (33) en Brits se 14-maande-oue baba was onderweg na Rietfontein toe twee mans hulle uit die bloute op die straathoek oorweldig het.

Die een man het Steenenkamp aan die hare uit die kar geruk, terwyl Brits in die voertuig geveg het om by haar baba te bly.

“Hulle het my ma en tannie geskop en geslaan om die kar te kry, maar Zelda het aanhou veg. Sy wou nie uit die kar nie omdat haar seun agter gesit het,” het Thinus Kotze, Steenenkamp se seun Saterdagaand gesê.

Volgens Kotze is altwee vroue nog erg geskok, maar dankbaar dat twee mans hulle te hulp gesnel het.

“Die twee mans het die kapers weggejaag en gesorg dat my ma-hulle veilig is. Hulle het agterna gery tot hulle by die huis gekom het. Wie ookal julle is, baie dankie vir die dapper daad,” sê Kotze.

Steenenkamp en Brits is altwee pimpel en pers na die aanval, maar sterk goed aan.

Kotze sê hulle het nog nie ’n klag by die polisie aangemeld nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button