CrimeLocal newsNews

Vrou dood in tref-en-trap

’n Moot-vrou is Saterdagaand dood nadat ’n voertuig haar raakgery het.

’n 53-jarige vrou is Saterdagaand dood nadat sy in ’n tref-en-trap ongeluk betrokke was.

Die vrou het met haar hond in Swemmerstraat tussen 13e en 14e Laan gestap toe die voertuig haar getref het.

Die bestuurder het glo van die toneel af gevlug, maar is later deur die polisie in hegtenis geneem.

Volgens provinsiale polisiewoordvoer Kaptein Tsekiso Mofokeng het die ongeluk net na 20:00 plaasgevind.

Die vrou is deur LifeMed-ambulansdienste en GPF-lede bygestaan, maar is later die aand in die hospitaal oorlede.

’n Saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button