CrimeLocal newsNews

Omroeper in ateljee aangeval

Sanger en omroeper van Impala Radio is Sondag wreed aangeval en beseer deur drie mans.

Corlia Kruger

’n Omroeper van Pretoria is onlangs wreed aangeval in ’n radio-ateljee in Doringkloof, Centurion.

Mariette Coetzee (55), een van Impala Radio se omroepers, is Sondagmiddag deur drie mans oorval.

Hulle het op die een of ander manier toegang verkry tot die ateljee in die huis waar sy gereeld programme vir die radiostasie opneem.

Coetzee is met ’n stomp voorwerp, vermoedelik ’n koppie of bottel, oor die kop geslaan. Sy is erg aangerand, geskop, geslaan en ook gebyt deur haar aanvallers.

Een van die booswigte het op Coetzee se keel getrap en ’n beentjie in haar keel gebreek.

Hulle het haar na haar slaapkamer in die huis gesleep waar sy met ’n gordel aan haar bed vasgemaak is.

Die drie mans het die huis leeg geplunder.

Hul buit wat rekenaars, klanktoerusting, ’n selfoon en klere insluit, is in ’n voertuig gelaai waarmee die drie spore gemaak het.

Hulle het gevlug toe ’n kollega en vriend wat saam met Coetzee woon, by die perseel opdaag. Hy het Coetzee na die Unitas-hospitaal gehaas.

Sy moes steke in haar kop kry en behandel word vir gebreekte ribbes. Radio-luisteraars sal moontlik Coetzee se stem vir ’n wyle nie op Impala Radio hoor nie vanweë die skade aan haar keel.

Haar stembande het geen permanente skade opgedoen nie.

Coetzee is onlangs uit die hospitaal ontslaan.

In ’n persverklaring op Impala Radio se webtuiste word luisteraars bedank vir hul gebede en ondersteuning.

Impala Radio verwerp hierdie lafhartige en barbaarse aanvalle op ons eie mense… wat die onskuldige slagoffers is van net nog ’n statistieke inskrywing,” sê die verklaring.

“Ons vra u as Impala Radio se luisteraars, om vir Mariëtte in te tree in gebed. Vir genesing, nie net vir die uiterlike letsels nie, maar ook die innerlike.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button