CrimeLocal newsNewsUpdate

Vrou dood in tref-en-trap – bestuurder in hegtenis geneem

’n Bestuurder is aangekla vir strafbare manslag na ’n 53-jarige vrou sterf in tref-en-trap ongeluk.

Corlia Kruger

’n Groep motorfietsryers het Saterdagaand die bestuurder van ’n wit Volkswagen Polo by sy huis vasgetrek nadat hy glo in ’n tref-en-trap ongeluk betrokke was.

Die 53-jarige vrou, wat net voor 20:00 haar hond in Swemmerstraat tussen 13e en 14e laan vir ’n stappie gevat het, is dood nadat sy deur ’n voertuig omgery is.

Die bestuurder van die voertuig het na die ongeluk van die toneel weggevlug. ’n Inwoner van die omgewing het hom glo agternagesit.

“Die voertuig het by ’n erf ingedraai en die bestuurder het in die huis ingehardloop,” het ’n betroubare bron en ooggetuie vertel. ’n Groep motorfietsryers was spoedig op die toneel om die man uit die huis te kry.

“Hulle was omtrent ontstoke en van hulle het op die dak van die huis gestaan. Toe die polisie daar aankom moes hul die man uit die huis begelei om hom veilig in die polisie-voertuig te kry.”

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder Kaptein Tsekiso Mofokeng het die ongeluk net na 20:00 Saterdagaand plaasgevind.

“Hy moes baie vinnig gery het,” vertel die ooggetuie. “Die vrou was omtrent 30 meter verder aan getref van waar hy haar gestamp het.”

LifeMed-ambulansdienste en GPF-lede het die vrou bygestaan wat in ’n poel bloed in die pad gevind is. Inwoners en Altech Netstar het die pad vir aankomende verkeer help afsper.

“Paramedici het haar vier of vyf keer op die toneel probeer bybring voor hul met haar hospitaal toe gehaas het.”

Omstreeks 22:03 het die vrou haar stryd verloor en is sy by Steve Biko akademiese hospitaal dood verklaar.

’n Saak van stafbare manslag word teen die bestuurder ondersoek en hy sal binnekort in die hof verskyn.

Lees ook: 

Vrou dood in tref-en-trap

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button