CrimeLocal newsNews

Vrou met hamer bygedam

’n Vrou van die Moot vertel hoe sy met 'n hamer bygedam is in 'n veiligheidskompleks.

Corlia Kruger

’n Vrou is die naweek met ’n hamer bygedam in ’n veiligheidskompleks in die Moot.

Trudy le Roux (58) vertel dat sy Saterdag deur ’n traliehek op haar elmboog geslaan is nadat ’n vreemde man toegang verkry het tot die kompleks.

“Die sekuriteitshek is ’n magneethek en ’n mens kan dit maklik blokkeer met muntstukke of klippe,” verduidelik Le Roux.

Sy sê drie mans in ’n rooi Tazz het Saterdagoggend voor die hek van die kompleks stilgehou.

“Een van hulle het ingekom en aan my deur kom klop. Ek het die deur oopgemaak, maar gelukkig die staalhek gesluit gehou.”

Die man het Le Roux gevra oor die huur van woonstelle binne die kompleks. Na Le Roux vir hom gesê het dat sy niks te doen het met die verhuring nie en dat hy self met die agentskap moet gaan praat wat die woonstelle verhuur, het hy ’n hamer uitgepluk.

“Ek het my elmboog op die staalhek gesit toe ek met hom praat. Hy het my elmboog met die hamer gekap, maar ek dink as hy kon sou hy my oor die kop slaan…”

Le Roux vertel die man het ’n knipmes ook uit sy sak gepluk en wou haar daarmee dreig toe sy die deur in sy gesig toeslaan.

Die man het gevlug.

Le Roux was erg geskok na die voorval, maar het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Sy het nog nie die saak by die polisie aangemeld nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button