CrimeLocal newsNewsUpdate

Roodeplaat-slagoffer ernstig

’n Man is in sy maag geskiet, na hy, sy vrou en vier kinders onverwags betrap is deur rowers naby die Roodeplaatdam.

Corlia Kruger

’n Man wat die naweek in ’n rooftog by Roodeplaatdam gewond is, is in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Die 51-jarige Eugene Smit se vrou, Charmeine sê hy is aan ’n ventilator gekoppel wat hom help om asem te haal.

Smit is Sondagoggend in die maag geskiet toe gewapende rowers hom by die vakansieplek Eagle’s Nest geteiken het. Sy vrou en vier kinders was saam met hom.

Hy is per helikopter hospitaal toe gehaas.

“Hy is Sondag geopereer om skoon te maak en heel te maak waar hulle kon,” skryf sy vrou op Facebook.

“Maandag moes hy weer in teater toe waar hulle sy regter-nier verwyder het as gevolg van interne bloeding, ’n bloedklont en vrees vir infeksie.”

Charmeine sê die wond is nog oop weens oormatige swelling.

“As hulle toemaak en dit swel steeds, is daar ’n moontlikheid dat die drukking weer bloeding kan veroorsaak,” sê sy.

Hy is onder verdowing en aan ’n ventilator gekoppel.

Smit sal nog ’n operasie moet ondergaan om ’n splinter in sy rugmurg te verwyder.

“Mense, ek vra asseblief dat julle aanhou bid saam met ons,” sê Charmeine en bedank die mense wat die gesin ondersteun.

Lees ook:

Shooting at Roodeplaat Dam

UPDATE: Roodeplaat shooting was violent robbery

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button