CrimeLocal newsNews

Ondersoek na Anika Smit se moord uitgestel

Die geregtelike ondersoek na Anika Smit se moord is uitgestel tot 30 November.

Die geregteglike ondersoek na Anika Smit se dood wat Donderdag sou hervat, is uitgestel tot 30 November in die Pretoria-noord-landdroshof.

Een van die sleutelgetuies, Damian Treeby (24), voorheen net bekend as “Vampire”, het Donderdag se verrigtinge bygewoon.

Hy was vergesel van ‘n regsverteenwoordiger, Sunethe Potgieter.

Die voorsittende beampte, Landdros Pierre Wessels, het by die vorige sitting aanbeveel dat Treeby regsverteenwoordiging kry nadat sy identiteit uitgelap het.

‘n Vrou het sy foto geneem en op Facebook geplaas. Daardeur het sy ’n hofbevel verontagsaam dat getuies in die ondersoek se name nie genoem mag word nie.

Wessels het daarop die verbod op Treeby se identiteit opgehef en gelas dat die oortreding van sy bevel ondersoek word.

Die verbod bly van krag met betrekking tot die identiteit van die ander getuies.

Treeby was in dieselfde skool as Smit, wat in 2010 op 17-jarige ouderdom vermoor in haar ouerhuis in Theresapark gevind is. Albei haar hande was afgekap en is nooit gekry nie.

Treeby het Donderdag geen getuienis afgelê nie en net op vrae van die aanklaer en landdros reageer.

Aanklaer Tania Carstens het Wessels meegedeel die ondersoek na die bekendmaking van Treeby se identiteit voortduur.

Wessels wou by Treeby weet of alles in die haak is met hom, waarop hy bevestigend geantwoord het.

Carstens het onderneem om al die papierwerk rondom die ondersoek aan Potgieter te besorg voor die einde van November.

Die volgende sessie van die ondersoek is geskeduleer vir 30 November tot 2 Desember.

Smit se vriend, Nico Venter, was in ‘n stadium ‘n verdagte in haar moord, maar die aanklagte teen hom is teruggetrek.

The ondersoek het vroeër getuienis aangehoor van skoolkinders wat sopies bloed gedrink het by ‘n “vampierpartytjie”.

Treeby het die partytjie bygewoon nadat hy bevriend geraak het met ‘n groep sataniste.

Die geregtelike ondersoek word gehou omdat daar nie voldoende getuienis is om iemand van Smit se moord aan te kla nie.

Wessels se bevindings sal aan die nasionale vervolgingsgesag gestuur word vir ‘n besluit of iemand van die moord aangekla kan word.

Lees ook:

Facebook page for Anika Smit closed

Anika Smit inquest postponed to next month

Court told of satanism, blood-drinking and bullying 

Woman queried in Anika inquest

Mxit messages emerge at Anika Smit’s inquest

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button