CrimeLocal newsNewsUpdate

Vrou beter na Mahem-besering

Vrou wat beseer is tydens die chaos by Mahem kan amper weer self loop.

Corlia Kruger

Na meer as ’n maand kan Karlien Purves (45) amper weer loop nadat sy erge bekkenbeserings opgedoen het in ’n kettingbotsing by Mahem-renbaan wes van Pretoria.

Op die aand van 29 Augustus is Purves tussen twee voertuie vasgepen toe ’n motor teen verskeie ander voertuie in die parkeerterrein gebots het.

Purves is na Eugene Marias-hospitaal gehaas met ’n gebreekte pelvis en heupbeen.

Purves het ’n vyf-uur lange operasie ondergaan en vier skroewe is gebruik om haar heupbeen en pelvis te heg.

“Die dokter het gesê my herstel sal tussen ses en nege maande duur. Die skroewe bly dan daar tot die dag van my dood,” vertel Purves.

Purves is ’n week gelede weer hospitaal toe vir ’n tweede operasie.

“Een van die boute aan die linkerkant van my heupbeen het losgegaan en moes vervang word met nog ’n langer pen,” sê sy.

Purves het krukke nodig om te kan loop.

“Dit gaan beter en ek loop ’n bietjie makliker as ’n maand gelede.”

Purves was die aand van die voorval saam met haar familie by die Mahem-renbaan.

Drie indringers het laat die aand moles gemaak by die renbaan en is deur lede van die GPF van die toneel af verdryf.

Een van die drie mans, ’n bestuurder van ’n Toyota Yaris, het beheer oor sy voertuig verloor in die parkeerterrein en twee voertuie gestamp wat ander voertuie getref het.

Purves en ’n vriendin van haar seun, Amelia Wilke, is tussen twee van die voertuie gevang.

Wilke se been is in die slag beseer, maar het weer met tyd herstel.

Nog vier ander mense het ligte beserings opgedoen tydens die voorval.

Lees ook: 

Vrou se stryd na chaos by Mahem

Vrou vasgepen in chaos by renbaan

Mayhem at Mahem

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button