CrimeLocal newsNews

Kind amper by verskeerslig gesteel

‘n Kind is amper op die hoek van E’skia Mphahlele- en WF Nkomostraat se verkeerslig uit sy tannie se kar gesteel.

’n Ma wie se kind amper uit ’n kar gesteel is, voel nie meer veilig in die openbaar nie.

Chalene Coetzee se vier-jarige seuntjie is amper uit haar tannie se voertuig op die hoek van E’skia Mphahalele weg en WF Nkomostraat gesteel.

Volgens Coetzee was haar seuntjie Louis saam met sy tannie, Alta van der Wall, op pad om roomys te gaan koop toe hulle by ’n verkeerslig stilgehou het. Twee mans het Louis aan sy arms deur die venster van die kar probeer trek.

“Die mans het hom aan sy arms deur die venster probeer trek terwyl ’n derde man aan die bestuurder se kant Van der Wall probeer keer het om die seuntjie te help,” sê Coetzee.

Sy sê twee mans in ’n rooi kar het getoet, uit hulle kar gespring en Van der Wall te hulp gesnel.

“Louis se aanvallers het weggehardloop toe hulle die mans sien,” sê Coetzee.

“My seuntjie is ’n bietjie gerattle, maar het darem nie seergekry nie. Dit maak my net so kwaad om te dink wat kon gebeur het.”

Coetzee sê dit voel vir haar of hulle almal ’n teiken is, en dat hulle maar kan weet dat een of ander tyd gaan iets met hulle gebeur.

“Sulke dinge gebeur altyd met ander mense, maar dan, vir ander mense is ek daardie ander mens met wie dit gebeur het,” sê sy.

Die familie kon nie ’n saak by die polisie gaan aanmeld nie want hulle het vergeet watse klere die mans gedra en hoe hulle gelyk het.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 072 435 7717.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button