Bejaardes teiken van ‘Jy is ’n wenner’-slenter
Selfoon-gebruikers en veral bejaardes word gemaan om nie vir sms of e-pos slenters te val nie.

Corlia Kruger
Dit is so maklik soos ’n SMS vir swendelaars om jou van jou geld te besteel.
Selfooneienaars word maklik die teiken van die ‘Jy is ’n wenner’-slenter – een van die mees gewilde maniere vir swendelaars om mense te kul.
’n Boodskap per e-pos of SMS word gestuur om te sê dat jy die wenner van die ‘VSA lotto’ is, al wat jy moet doen is om ’n bedrag oor te plaas in ’n rekening om jou ‘miljoene’ te ontvang.
Ander soortgelyke boodskappe word ook gebruik om mense so te kul.
“Al hoe meer sake word aangemeld deur bejaardes wat deur hierdie slenters gevang word,” sê Sinoville-polisiewoordvoerder, Mirna von Benecke.
“Let op vir boodskappe wat lui: ‘Bel hierdie persoon want jy is die gelukkige wenner van ’n promosie of trekking’. ‘Gaan by hierdie webtuiste in om jou prys op te eis’. As jy nie ingeskryf het vir ’n kompetisie nie, hoe kan jy iets wen?”
Von Benecke sê dat veral bejaardes versigtig moet wees, en nie boodskappe van onbekende nommers met erns en vertroue aanvaar nie.
Von Benecke gee die volgende wenke aan bejaardes en selfoongebruikers om te verhoed dat hulle met dié soort slenters gevang word. Vra jouself die volgende vrae:
– As jy nie ’n papier ingevul het met jou naam en nommer op nie, hoe kon jou naam getrek word in ’n gelukkige trekking?
– Hoekom moet jy geld inbetaal in ’n rekening as jy dan nou geld gewen het?
– Hoekom moet jy geld betaal voor jy die prys kan opeis?
Moet onder geen omstandighede jou persoonlike inligting (bankbesonderhede, identiteitsdokumente, woonadres, en meer) op webtuistes of aan vreemde persone verskaf nie.
Moet nie jou rekeningnommer of pinnommer insleutel op versoek van onbekende persone nie.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 072 435 7717.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.
- We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.
