Roodeplaat-slagoffer nog nie buite gevaar
Die man wat deur rowers in die maag geskiet is by Roodeplaatdam is stabiel, maar nog nie buite gevaar nie.
Corlia Kruger
’n Man wat onlangs by ’n hengeloord noord van Pretoria in ’n rooftog gewond is, is nog nie buite gevaar nie.
Eugene Smit (51) is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem nadat ’n gewapende rower hom by Roodeplaatdam in die maag geskiet het.
“Sy linkernier sukkel nog om heeltemal te funksioneer nadat die regternier heeltemal verwyder is,” sê Smit se vrou Charmaine.
Na 11 dae in die hospitaal is Smit se toestand stabiel, maar is daar steeds die risiko van infeksie en kommer dat sy nier nog nie weer heeltemal funksioneer nie.
’n Beenfraktuur in Smit se spinaalkoord moet nog verwyder word, maar dit kan eers gebeur wanneer sy toestand verbeter en die nodige organe heel.
Smit is Sondagoggend 4 Oktober per helikopter na die hospitaal gehaas nadat rowers hom en sy gesin by hul vakansieplek oorval het.
Drie rowers, twee gewapen, het in die vroeë oggendure op Smit se drie oudste kinders geskiet en hom in die maag gewond.
Sy kinders en vrou was ongedeerd nadat die rowers weggekom het met van die gesin se besittings.
Charmaine het vroër vertel hoe Smit in die kamer waar sy en hul drie-jarige kind geslaap het, gelê en bloei het voor paramedici op die toneel afgekom het.
Lees ook:
UPDATE: Roodeplaat shooting was violent robbery
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
