’n Bejaarde man is Dinsdagaand koelbloedig in Hestiapark doodgeskiet.
Die 64-jarige Steve Botes is in Orchards deur rowers in sy motor voorgekeer en sewe keer geskiet. Hy was op pad om sowat R150 000 in kontant af te lewer.
“Hy is voorgekeer deur mans in ’n swart BMW,” het Botes se buurvrou Marie Bredenkamp Woensdagoggend aan Rekord vertel.
“Hy was reeds dood toe die ambulans opdaag.”
Botes, ’n handelverskaffer vir ’n tabakmaatskappy, het glo saam met ‘n werknemer gery, wat ongeskonde daarvan afgekom het.
Die Akasia-polisie stel ondersoek in.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
