Drie in hof na moorde in die noorde
Die drie mans wat onlangs in die hof verskyn het kan moontlik verbind word met drie moorde en nog rooftogte in die noorde van Pretoria.
Corlia Kruger
Drie mans wat moontlik verbind kan word met drie onlangse moorde in die noorde van Pretoria het Maandag in die hof verskyn.
Denford Nawazi (23), Rangarae Phiri (22) en Moses Ndlovu (23) is sowat twee weke gelede aangekeer nadat ’n skoolhoof tydens ’n rooftog in sy huis in Doornpoort doodgeskiet is.
Die drie mans het saam in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.
Hulle is aanvanklik in hegtenis geneem oor die besit van gesteelde goedere.
Aanklaer Zacharia Mahlatji in die hof gesê die polisie se ondersoek dui daarop dat die mans verbind word met die moord van Mlandu Mnguni en dié van nog ’n inwoner, Marius Els.
Die twee is dieselfde aand so kort na mekaar doodgeskiet en dat hulle saam in dieselfde voertuig na die staatslykshuis gebring is.
Mnguni, hoof van die Matimba Middle School en beheerliggaamvoorsitter van die Alma-skool vir gestremde kinders, is laataand vermoor tydens ’n gewapende rooftog.
Els is kort daarna doodgeskiet in sy woning in Bon Accord toe die rowers weer toeslaan.
Mahlatji het gesê daar is ’n moontlikheid dat die mans ook met ’n onlangse aanval by Roodeplaatdam verbind kan word.
Eugene Smit is verlede week dood toe hy by ’n hengeloord in die maag geskiet is.
Smit was vir twee weke in kritieke toestand waarna hy aan sy wonde beswyk het.
Mahlatji het in die hof gesê dat een van die aangeklaagdes reeds deur vingerafdrukke verbind is met vorige huisbrake.
Die drie kan dalk met nog rooftogte in die noorde verbind word, het hy gesê.
Hulle bly in aanhouding en sal in November terug in die hof weer vir ’n borgaansoek.
Lees ook:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.


