Boewe bly aktief in Sinoville
Sinoville-polisie waarsku inwoners teen misdaadkolle in die noorde en gee wenke aan motoriste om hulself te beveilig teen diewe.

Corlia Kruger
Grypdiewe en ander boosdoeners is steeds aktief in Sinoville, waarsku die polisie.
Woordvoerder Mirna von Benecke sê diewe wat motorvensterts stukkend slaan en gryp wat voorkom bly ’n probleem.
Dieselfde geld vir huisbrake en diefstal van of uit motorvoertuie.
Von Benecke sê die volgende kruisings is gevaarsones:
– Lavender en Paul Krugerstraat
– Lavender en Sefako Makgathorylaan (Zambezi)
– Sefako Makgathorylaan en Breedtstraat
– en Sefako Makgathorylaan naby die N1 afrit.
Die gevaarlike tydgleuf is soggens tussen 05:00 tot 08:00. Later in die dag is dit tussen 16:00 tot 20:00, waarsku Von Benecke in ’n nuusverklaring op sosiale media.
“Moenie persoonlike besittings soos handsakke, selfone of skootrekenaars op die voor- of agtersitplek los nie. Die bagasieruim of onder die sitplek is ’n veiliger plek.”
Inbrake en huisroof bly ook ’n probleem in die noorde.
Von Benecke sê in sommige gevalle word veiligheidshekke togemaak maar nie gesluit nie.
“Motorhuisdeure wat toegang tot die huis verskaf, word soms ook nie gesluit nie.”
Sulke nalatigheid gee boewe maklike toegang tot wonings.
Von Benecke gee die volgende wenke om voertuie te beveilig:
– Installeer ’n hekstopper bo op die hek om te voorkom dat dit opgelig kan word.
– Tref ekstra voorsorg met die veiligheid van motorfietse en sleepwaens.
– Maak seker dat jou voertuig ten alle tye gesluit is en installeer bykomende toestelle teen diefstal.
Help polisie om misdaad te bekamp, skakel Sinoville Polisiekantoor by 012-543-8800/36/37/38/39/40.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos naeditorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
