Local newsNews

Moot toe en nou

Moot ’n gemeenskap vanaf 1855.

Corlia Kruger

Na ’n eeu en ses dekades het Pretoria baie veranderinge gesien. Ons neem vandag die herinneringsroete terug na 1855 na die klein plaaslike gemeenskap bekend as die Moot.

Tussen die Magaliesberg en die Daspoortrant, vanaf Derdepoort in die ooste tot by Maanhaarrand in die weste, lê die vallei wat almal as die Moot ken.

Die Moot met sy talle woongebiede vorm deel van Pretoria en is miskien nog die mees gemeenskap-georiënteerde gebied in die stad.

Hoewel inwoners in die Moot ‘n verskeidenheid kulture verteenwoordig, bly Afrikaans hul dominante taal en behou hulle sterk gesinswaardes.

By die ontstaan van Pretoria in 1855, was die Moot in plase opgedeel. Van die eerste plaaseienaars was die Bronkhorsts, die Fouries en die Erasmusse.

Die vyf hoofplase is in Rietfontein, Derdepoort, Koedoespoort, Elandspoort en Wonderpoort opgerig.

Die Moot was oorspronklik ’n waterryke gebied en uiters geskik vir boerdery. Die Apiesrivier wat noordwaarts deur Wonderboompoort vloei, was destyds ’n belangrike waterbron in Pretoria.

Daar was (en is steeds) spruite op talle plekke. Tussen 7e en 8e Laan in Wonderboom-Suid begin die Mootspruit wat in die Apiesrivier eindig.

Die Moot-Noordspruit het tussen 32e en 33e Laan ontstaan en die Moot-Suidspruit begin by die park in Môregloed en vloei deur Villieria en Rietfontein.

Die ou Pretoria was ’n landelike dorpie omring deur plase. Tyd het dit verander en die dorpie het ’n stad geword met groter strukture en digter woongebiede.

Die Moot het saam verander en plase is omskep in kleiner wooneiendomme. Vandag is die Moot ’n kommersiële gebied met talle sake-ondernemings en woonstelblokke.

Hoewel die gebied saam met die stad gegroei het, behou die Moot die gevoel van ’n hegte gemeenskap.

Vra maar enige inwoner en raadslid waarom hulle gebied so uitnemend is. Die antwoord: Moot-inwoners staan saam.

– Van die feite is verkry van Blits Hardeware en Elektries.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button