CrimeLocal newsNews

Onderhoof nege keer geskiet

Johan du Toit, onderhoof van Hoërskool Akasia, is nege keer geskiet na hy inbrekers glo in sy huis betrap.

’n Akasia-onderhoof is in ’n kritieke toestand nadat hy nege keer deur inbrekers geskiet is.

Johan du Toit, onderhoof van Hoërskool Akasia, is Saterdagoggend hospitaal toe gehaas nadat hy by sy huis in ’n Berglaan-veiligheidskompleks geskiet is.

“Hy het op die inbrekers afgekom waarna hulle op hom geskiet het,” sê ’n boodskap van die gemeenskapspolisieëringforum (GPF) Crime Busters North.

Later is die boodskap van Du Toit se vrou ook op die groep versprei waar sy sê dat Du Toit uit die operasie-teater is, maar nog nie buite gevaar is nie.

“Milt is verwyder en deel van (sy) dikderm,” sê haar boodskap.

“Al wat saakmaak die Here het hom bewaar.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button