OPVOLG: Akasia-onderhoof steeds kritiek na skietery
“Die dokters sê daar is ’n klein bietjie verbetering aan sy toestand.”

Die Akasia-onderhoof wat nege keer deur inbrekers geskiet is, is steeds in ’n kritieke toestand by ’n hospitaal in die noorde van Pretoria.
Johan du Toit, onderhoof by Hoërskool Akasia, is Saterdagoggend by sy huis in ’n Berglaan-veiligheidskompleks gewond toe hy inbrekers op heterdaad betrap het.
“Agt skote is deur sy lyf en een koeël is in die hospitaal verwyder,” lees ’n boodskap van ’n gemeenskapspolisieëringsforum (GPF)-groep namens Retha, Du Toit se vrou.
Sy het vroeër laat weet dat Du Toit se milt en ’n gedeelte van sy dikderm Saterdag tydens’n operasie verwyder is.
“Hy is steeds in ’n kritieke toestand maar dokters sê hulle sien ’n klein bietjie verbetering.”
Crystal van den Berg van GPF Sektors 1 en 2 sê daar was beduidende bewysstukke op die toneel dat die inbrekers Du Toit geskiet het, wat polisie kan help om die skuldiges vinnig vas te trek.
“Ons hou die Du Toit-familie in ons gedagtes en gebede,” sê Van den Berg.
Lees ook:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
