Sektorpolisie voorkom kabeldiefstal
Heatherdale-sektorpolisieëring kom op 150-meter kabel af toe kabeldiewe daarmee probeer wegkom.

Vinnige reaksie van sektorpolisie het voorkom dat diewe met ’n 150-meter kragkabel in die noorde van Pretoria wegkom.
Willie Cloete van Heatherdale-sektorpolisie het Saterderdag vertel hoe sektor-lede vroegoggend die kabel in die omgewing gewaar het.
Cloete sê die diewe was besig om die kabel met hul voertuig te sleep.
“Die kabel het op die grond agter die verdagtes se bakkie gesleep. Ons het op hulle afgekom en hulle het die kabel geknip en weggejaag.”
Sien video:
Cloete sê hulle het die kabel weer aan Tshwane-metro terugbesorg. Dit is onbekend wat die waarde van die kabel is.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.
- We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.




