NASIONALE NUUS: Soektog van stapel gestuur na vermoedelik gekaapte vrou
Daar word tans na die voertuig gesoek op hoofroetes in die Laeveld.
Die polisie en lede van plaaslike sekuriteitsmaatskappye is besig met ‘n grootskaalse soektog na ‘n inwoner van die Curlews-omgewing wat vanoggend vermoedelik gekaap is, volgens Laevelder.
Haar naam is Annatjie Myburgh. Sy is werksaam by ‘n prokureursfirma in die dorp.
Die polisie se lugvleuel en ‘n private helikopter neem ook deel aan die soektog. Volgens ‘n bron is Myburgh se selfoonsein in Jerusalem Trust opgespoor en word die soektog nou hier gefokus.
Lees die storie by Laevelder.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
