CrimeLocal newsNews

Poging tot moord-ondersoek na polisiekoeël vrou tref

Pretoria-Noord-polisie stel ondersoek in na 'n polisieman skote by ’n kettingwinkel gevuur het.

’n Saak van poging tot moord word ondersoek nadat ’n polisiebeampte ’n vrou in die arm geskiet het.

Pretoria-Noord-polisiewoordvoerder Luitenant Rebecca Phatlane het Dinsdag gesê daar word ondersoek ingestel na ’n skietery waar ’n noord-inwoner by ’n kettingwinkel in Emily Hobhousestraat raakgeskiet is.

Lisa Lottering (24) is na bewering verlede Dinsdag deur ’n polisieman se koeël getref terwyl hy ’n vermeende dief in die winkel agternagesit en op hom geskiet het.

“Die inligting wat ek ontvang het, is dat ’n saak van poging tot moord ondersoek word,” het Phatlane kortliks bevestig.

Volgens Lottering was die skote bedoel vir ’n man wat kougom in die winkel gesteel het.

“As ek nie gedraai het nie of nie die koeldrank bottel vasgehou het nie, het hy my dalk deur die bors geskiet,” het Lottering vroeër vertel.

Lottering sê dat sy ook ’n prokureer gekry het om die saak teen die polisiebeamte verder te neem.

Lees ook:

Waarskuwingskootherleef

Polisiekoeël tref vrou toe kougom-dief weghardloop

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button