Piekniek saam met die polisie
Moot inwoners word uitgenooi om ‘n dag saam met die Villieria-polisie te geniet en terselfdertyd misdaad te bekamp.

Die Villieria-polisie nooi jonk en oud om ’n pretdag saam met hulle te geniet.
Die geleentheid is iets soos ’n piekniek in die park op Saterdag 18 Junie – gereël deur die polisiekantoor van Villieria.
“Ons wil almal uitnooi om die dag saam met ons te geniet,” sê woordvoerder kaptein Coba Brits.
“Die fokus gaan wees op misdaadvoorkoming en dwelmmisbruik.”
Brits sê die dag is veral gemik op die jeug maar mense van alle ouderdomme is welkom.
“Daar gaan sprekers wees wat praat oor kwessies wat die gemeenskap ervaar. Ons gaan tonne vermaak hê met motorfietse, sokker- en rugbywedstryde en springkastele vir die jongklomp.”
Daar sal ook musiekkunstenaars en ’n “color run” wees.
Brits moedig inwoners aan om ’n eie piekniekmandjie saam te bring.
“Daar sal ook kosstalletjies wees vir die wat nie ’n mandjie het nie.”
Die dag word aangebied by die Jack le Roux-rugbyklub en begin om 09:00.
Brits sê geen alkohol sal op die dag toegelaat word nie.
Toegang is gratis.
Vir navrae oor die dag, skakel kaptein Brits by
082-461-5560 of adjudant-offisier Marinda Austin by 072-319-9119.
Lees ook:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
