CrimeLocal newsNews

Gesoekte man vasgetrek

Die man is vroeër vandeesweek by Melgisedek gevang.

‘n Man is Woensdag in die Moot in hegtenis geneem nadat hy vir verskeie sake gesoek was.

Moot-polisiewoordvoerder adjudant-offisier Anton Breedt sê die 29-jarige is in die vroeë oggendure Woensdag by die onheilsnes, Melgisedek, gevang.

“Hy word met 14 sake verbind maar daar is ’n moontlikheid dat dit meer kan wees,” sê Breedt.

Van die sake sluit in huisbraak, voertuigdiefstal en inbreek by voertuie.

“Meeste van die sake het in die omgewing van Riviera en Rietondale plaasgevind,” sê Breedt.

Breedt sê die man word sedert Februarie 2015 gesoek en die polisie is omtrent ’n maand lank al op sy spoor.

Die man, oorspronklik van Kwa-Mhlanga, sal binnekort in die hof verskyn.

Lees ook:

Boewe vinnig vasgetrek ná roof

Gewapende roof by bekende winkel in die Moot

Vrou vermoor in huis na roof

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button