Polisie op soek na petroldief
Die man is bekend daarvoor dat hy petrol by vulstasies laat ingooi en dan wegry sonder om te betaal.
Die polisie is op soek na ’n man wat brandstof steel in die Moot.
Woordvoerder kaptein Coba Brits sê hy het die Total-vulstasie op die hoek van 24ste Laan en Hertzogstraat in Villieria onlangs besteel.
Sy silwer Kia Picanto se nommerplate was toegeplak met bruin papier.
Die verdagte het die petroljoggie in Afrikaans gegroet en hom vriendelik gevra om R300 se petrol in die voertuig te tap.
“Terwyl die joggie besig was om die petrolkraan uit te haal nadat hy die tenk gevul het, het die man weggery sonder te betaal.”
Brits sê die man is bekend daarvoor dat hy brandstof steel in die Moot.
Die man word beskryf as mollig en groot met bruin hare. Hy is vermoedelik tussen die ouderdom van 30 en 35 jaar oud.
Die polisie versoek mense met inligting oor die man om adjudant-offisier Gina Brink te skakel by 012-353-5403.
Lees meer:
22 buses torched in Mamelodi unrest
Major roads closed as Tshwane burns
Violent protests erupt in parts of Pretoria
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
