Brandspan soek na gesteelde toerusting
Die Sinoville-brandbestrydingsvereniging (SBBV) benodig brandblussers na hul verlede week besteel is van brandbestrydingtoerusting.
Die Sinoville Brandbestrydingsvereniging (SBBV) is verlede week sonder brandbestrydingstoerusting gelaat.
Die brandspan se sleepwa is in die noorde van Pretoria gesteel.
Zenobia Loock-Du Plessis, SBBV-woordvoerder, het die diefstal Woensdagaand aangemeld.
Die SBBV-brandspan bestaan uit vrywilligers en die sleepwa vol brandtoerusting is danksy donasies aangeskaf om brande in die noorde te blus.
“Danksy een van ons vrywilligers, Barnie Liebenberg, kon ons die gesteelde sleepwa die volgende dag opspoor,” vertel Loock-Du Plessis.
“Ons kon meeste van die toerusting ook vind, maar van die brandblussers is steeds weg.”
Minstens twee verdagtes is in verband met die diefstal in hegtenis geneem.
“Die sleepwa met toerusting en watertenk word gebruik om veral brandende voertuie te blus.”
Loock-Du Plessis sê die brandblussers en ander toerusting wat steeds vermis is, is noodsaaklik en sal so gou as moontlik vervang moet word.
“Die SBBV is nie net gebonde aan die Sinoville en Montana omgewings nie en ons gaan waar daar nood is.”
Lees meer:
22 buses torched in Mamelodi unrest
Major roads closed as Tshwane burns
Violent protests erupt in parts of Pretoria
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.


