CrimeLocal newsNewsUpdate

Gesteelde Beeskraal bus glo in roof

Die bus is glo tydens die roof van ‘n sigarettrok gebruik.

Die Afrikaanse musiekgroep Beeskraal se vermiste bus is na bewering onlangs tydens ’n rooftog gebruik.

Charles Smidt, sanger van Beeskraal, sê hulle het foto’s ontvang van hul gesteelde bus wat blykbaar verlede Maandag in ’n rooftog betrokke was.

“’n Man het foto’s op ons Facebook-blad geplaas van ons gesteelde bus.”

Die man, Jasper Gerber Adriaan, het die groep in kennis gestel dat daar videomateriaal is van die bus tydens ’n rooftog op ’n sigarettrok in Mabopane.

Die bus is intussen ook in Eersterust gewaar.

Die voertuig is vroeër vandeesmaand in Cunninghamlaan, Waverley, gesteel.

Smidt sê sy vrou gebruik die bus in die week wanneer die groep die voertuig nie nodig het nie.

“Die bus was buite kantore tussen ander voertuie geparkeer en is gesteel met waardevolle toerusting wat aan die groep behoort,” sê Smidt.

“Daar was omtrent so R80 000 se toerusting in die bus. My Ernie Ball kitaar, die enigste van sy soort in die land, is ook in die bus. Die kitaar is onvervangbaar.”

Smidt het mense gevra om op die uitkyk te wees vir dié bus.

“Dit is ’n swart bus met ’n Beeskraal-logo in silwer. Die registrasienommer is B 227 AXH.”

“Ek dink dis snaaks en arrogant om die bus te steel. Dis ’n buitengewone bus en maklik om raak te sien.”

’n Klag van diefstal is by die Villieria-polisie gelê.

Lees ook: 

Boewe besteel Beeskraal

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button