NUUSFLITS: Vrou doodgeskiet in kleinhoewe-aanval
Sy eerste vrou is dood na ‘n soortgelyke aanval op dieselfde kleinhoewe.
’n Vrou is Woensdagoggend doodgeskiet op ’n kleinhoewe in Kameelfontein, noordoos van Pretoria.
Riekie Steenberg se man Jurie is in dieselfde aanval gewond toe hulle deur gewapende rowers oorval is.
“Die vrou is op die toneel dood gevind en die man is na ’n hospitaal gehaas nadat rowers op hul geskiet het,” het sersant Sam Shibambo aan Rekord bevestig.
Details oor presies wat gebeur het sê Shibambo is deel van ’n polisie-ondersoek.
Jurie se eerste vrou Suna is in 2010 in ’n soortgelyke aanval op dieselfde hoewe gewond.
Sy is in die kop getref en is na ’n maandelange koma dood.
Ingeligtes sê Steenberg en sy huidige vrou het in dieselfde huis gebly.
Lees ook:
Akasia-onderhoof steeds kritiek, maar stabiel
Tienerseun na weke steeds in koma
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
