CrimeLocal newsNews

Onwettige plakkerswonings verwyder

Sy en haar man vrees vir hul veiligheid nadat plakkers twee jaar gelede ook hutte onwettig opgerig het.

’n Boer van Bultfontein, noord van Pretoria, word geteister deur plakkers wat vroeër die week onwettige skuilings op sy plaas opgerig het.

Willem Nel se vrou Ester het Woensdagoggend vlugtig met Rekord gepraat en gesê die polisie is ontbied om ’n groep onwettige plakkers van die plaas te kom verwyder.

“Willem is uit om te kyk of hulle nog daar is,” het Ester gesê.

Sy vertel sy en haar man vrees vir hul veiligheid nadat plakkers twee jaar gelede ook hutte onwettig opgerig het.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag bevestig dat metro-polisie en Hammanskraal-polisie ingegryp het om die skuilings op die plaas te verwyder.

“Elf onwettige strukture is gister van die plaas af verwyder,” sê woordvoerder Tarien Cooks.

“Daar was niemand op die grond toe die polisie opdaag om die strukture te verwyder nie.”

In 2014 het Willem ’n tydelike uitsettingsbevel bekom.

“Dié hofbevel is steeds van krag,” verduidelik Cooks.

“Die volgende hofdatum is bevestig vir 28 November wanneer die hofbevel permanent gemaak sal word.”

Die bevel van die hooggeregshof sê Cooks maak dit duidelik dat plakkers nie die gebied mag beset nie en dat die polisie hulle te enige tyd kan en “moet” verwyder.

“Ek het vanoggend die oproep ontvang dat nog plakkers op pad was na die plaas. Metro-polisie is gekontak om die situasie te monitor,” sê Cooks.

Polisie kon nie onmiddelik bevestiging gee oor gerugte van nog ’n beplande besetting nie.

Lees ook:

Vrou dood en man stabiel na skietery op kleinhoewe

Akasia-onderhoof steeds kritiek, maar stabiel

Tienerseun na weke steeds in koma

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button