CrimeLocal newsNewsUpdate

Vrou dood en man stabiel na skietery op kleinhoewe

“Na sy geskiet is het Jurie by haar gebly. Toe hy sien sy is dood en daar niks meer was wat hy vir haar kon doen nie, het hy homself hospitaal toe gery.”

Jurie Steenberg (53) is in ’n stabiele toestand nadat hy en sy vrou Woensdagoggend in hul huis op ’n kleinhoewe in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, aangeval en geskiet is.

’n Vriend van die gesin sê Jurie se vrou, Riekie (51), is tydens die aanval doodgeskiet.

Louis Prinsloo, ’n skoolvriend van Riekie, het vroeër vertel dat Jurie die oggend van die aanval hul honde na buite wou neem toe hy deur gewapende rowers oorweldig is.

Jurie en Riekie Steenberg. Foto: Facebook
Polisie op die kleinhoewe waar Jurnie en Riekie Steenberg oorval is. Foto: Ron Sibiya

“Jurie is in die skouer geskiet en die koeël het onder sy arm uitgekom. Riekie is deur die skouer in die hart getref toe sy die rewolwer uit die laaikas wou haal.”

Prinsloo bevestig dat Jurie homself na ’n hospitaal toe gehaas het nadat polisie en ambulansdienste ontbied is.

“Riekie was nog lewendig nadat sy geskiet is. Jurie by haar gebly. Toe hy sien sy is dood en daar niks meer was wat hy vir haar kon doen nie, het hy self hospitaal toe gery.”

Die aanvallers het glo deur ’n staalhek toegang tot die boonste verdieping van die huis gekry.

Steenberg het ses jaar gelede in ’n soortgelyke aanval sy eerste vrou verloor.

Suna Steenberg is in die kop geskiet en is na ses maande dood terwyl syin ’n koma was.

Ingeligtes sê niemand is na die eerste moord aangekeer nie.

Polisie kon dit nie onmiddellik bevestiging nie.

Sersant Sam Shibambo het vroeër aan Rekord gesê ’n saak van moord, huisroof en poging tot moord word ondersoek na Woensdag se aanval.

Lees ook:

NUUSFLITS: Vrou doodgeskiet in kleinhoewe-aanval

Akasia-onderhoof steeds kritiek, maar stabiel

Tienerseun na weke steeds in koma

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button