Man met klip doodgeslaan
Die man is dood nadat hy met ‘n rots aangerand is.
’n Man van Eersterust is dood nadat hy Saterdag by ’n nagklub met ’n klip aangerand is.
Jason Jacobs (41) was in die vroeë oggendure op pad om die 7th Avenue sportkroeg te besoek toe vier mans hom glo aanval.
’n Vriend van Jacobs, wat anoniem wil bly, sê hy het later op binnekring-beeldmateriaal gesien hoe die aanranding gebeur het.
“Dit het gelyk asof hulle hom inwag. Hulle het hom dadelik begin aanval. Daar is ’n rotstuin buite die klub. Een van die mans het ’n groot klip opgetel en Jason daarmee begin slaan.”
Jason is glo tot 18 keer met die klip geslaan.
“Ons het later Saterdagoggend gehoor wat gebeur het en hom by al die hospitale gaan soek. Ons het hom by Kalafong hospitaal gekry waar hy klaar oorlede was.”
Volgens die vriend het hulle dieselfde oggend ’n klag by die polisie gelê.
Die polisie kon nie bevestig dat só ’n saak ondersoek word nie.
Jacobs se familie bly glo in Geluksdal aan die Oos Rand waar hy eerskomende Saterdag begrawe sal word.
Lees ook:
Man fighting for life after assault outside night club
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
