Diewe teiken nalatigheid
Sinoville-polisie waarsku teen diefstal van en uit motorvoertuie in die noorde.
Die kwaal van nalatigheid onder motoriste blyk dalk ongeneeslik te wees, sê Sinoville se polisie.
“Mense is steeds naïef en nalatig wanneer dit kom by die veiligheid en hul voertuie,” sê Sinoville-polisie woordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk.
“Mense laat steeds waardevolle items soos beursies, handsakke en selfs skootrekenaars op die passasiersitplek wanneer hulle by winkelsentrums parkeer.”
Van Dyk sê motoriste moet voorsorgmaatreëls tref om te verhoed dat hul die teiken word van voertuigdiewe en grypdiewe.
Hy gee die volgende wenke:
“Wees op die uitkyk vir verdagte vreemdelinge wanneer jy by ’n verkeerslig stilhou of jou voertuig in ’n parkeerterrein laat,” sê Van Dyk.
“Meld verdagte persone aan by jou naaste polisiekantoor of die GPF.”
Van Dyk raai inwoners aan om betrokke te raak by hul plaaslike GPF.
“Om aan te sluit by die Sinoville GPF skakel 072-975-6569 of besoek hul webblad (www.gpfsinoville.co.za) vir meer inligting.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

