’n Baba-lykie is Saterdagoggend in ’n asblik in die Moot gevind.
Polisiewoordvoerder kaptein Colette Weilbach sê die pasgebore baba is in ’n plastieksak in Suikerbekkiestraat, East Lynn gevind.
“Omstreeks 10:55 het ’n hawelose man, wat deur asblikke gesoek het na herwinbare materiale, op die lykie afgekom en Villieria-polisie in kennis gestel,” sê Weilbach.
“’n Nadoodse ondersoek sal die presiese ouderdom van die baba bepaal.”
Weilbach sê: “Daar was geen oogetuies nie. So, as enigiemand inligting het in verband met die saak, kan hulle die Villieria-polisiekantoor skakel by: 012 403 8600 of die Crime Stop-nommer: 08600 10111.”
’n Geregtelike ondersoek duur voort.
Lees ook:
Reaksie-offisier dood in ongeluk
Kameelfontein-moordenaars nog soek
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
