CrimeLocal newsNews

Moordenaars steeds soek

Geen antwoorde na Riekie Steenberg se moord.

Die skurke in ’n onlangse moorddadige aanval op ’n kleinhoewe noord van Pretoria is nog op vrye voet.

Maande nadat Riekie Steenberg op hul kleinhoewe in Kameelfontein doodgeskiet is, wag haar man, Jurie, steeds op antwoorde.

Die Steenberg-egpaar is gedurende Junie in hul huis op die kleinhoewe deur drie onbekende mans oorval.

Albei is geskiet en Riekie is kort na die aanval op die toneel dood.

Jurie het sy eerste vrou in ’n soortgelyke voorval in dieselfde huis verloor.

Suna is in 2010, ook gedurende ’n rooftog, in die kop geskiet en wreed aangerand. Na byna ses maande in ’n koma, is sy oorlede.

Jurie vertel dat daar ook nooit iemand in verband met haar moord aangekeer is nie.

“Die saak (na Riekie se moord) wat by die Kameeldrift-polisiekantoor geopen is word deur ’n privaat speurder ondersoek,” sê Jurie.

Hy het vroeër die wreedaardige aanval op homself en Riekie beskryf.

“Ek het die oggend vroeg opgestaan en was net op pad om die deur vir my hondjies te gaan oopmaak om uit te gaan, toe hulle (die aanvallers) my by die deur van ons slaapkamer oorweldig.”

Jurie is met ’n voorwerp oor die kop geslaan voordat hy en drie mans die kamer ingeworstel het. Hy het vir Riekie geskree om hulle te skiet.

“My vuurwapen het langs my op die bedkassie gelê. Ek het geskree, ‘skiet, skiet, skiet’, terwyl ek met die mans gestoei het.”

Riekie het na die vuurwapen gegryp toe die aanvallers haar skiet.

Jurie is ook in sy skouer geskiet tydens die aanval.

“Die koeël is reguit deur en onder by my arm uit,” het hy vertel.

Jurie sukkel sedert die tweede aanval om sy woning op die kleinhoewe te verkoop.

Teen Dinsdag kon hy nog nie bevestig of hy daarin kon slaag om die plek te verkoop wat nou net nagmerries en donker herinneringe vir hom in hou.

Lees ook: 

Meyerspark woman found murdered

Centurion farmer murdered

No one arrested after the murder of Hettema

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button